Waarborg

By Uitblinkers is kliëntediens ons hoogste prioriteit. Derhalwe het ons ’n eksklusiewe waarborg ontwikkel om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen.

 

GELD-TERUG-WAARBORG
Jy kan enige boeke binne 14 dae terugstuur indien jy om enige rede nie volkome tevrede is nie – en ons waarborg ’n volle terugbetaling.

 

GERIEF
Jy kan veilig aanlyn inkopies doen. Vermy die gedrang in winkels en koopsentrums – geniet die gerief daarvan dat hierdie boeke regstreeks aan jou gestuur word.

 

BETROUBAARHEID
Ontvang ’n bevestiging-SMS wanneer jou rekening op ons stelsel geaktiveer word. www.uitblinkers.co.za sal alles moontlik doen om jou pakkie so gou moontlik by jou te kry.

 

KLIËNTEDIENS
’n Toegewyde span kliëntedienskonsultante is gedurende werksure beskikbaar om jou met vrae of probleme by te staan.