Titels mag verskil afhangende van beskikbaarheid

Prikkel jou kind se leesbelangstelling met sy/haar gunsteling Disney-karakters!

Aspoestertjie . . . Peter Pan . . . Die Oerwoudboek . . . Bambi . . . Die klein meerminnetjie . . . Nou kan jy hierdie tydlose klassieke Disney-stories in pragtige hardebanduitgawes, geїllustreer deur die Disney-storieboekkunstenaars, met jou eie kinders deel. Moedig hulle ook aan om te lees met al die nuwe klassieke Disney-stories soos Bolt en Die prinses en die padda en klassieke Pixar-verhale soos Op soek na Nemo, Karre, WALL-E, Toy Story in Afrikaans, Op en vele meer.

Prettige en opwindende verhale . . . met ‘n positiewe boodskap.

Jy weet Disney-stories is vermaaklik maar hulle leer ook waardevolle lesse oor vriendskap, eerlikheid, om uitdagings die hoof te bied, en nog baie, baie meer. Stories soos dié wat kinders ken en geniet kan help om ‘n liefde vir boeke te kweek en die vreugde van lees te ontdek. Deskundiges meen dit is noodsaaklik om jou kind te lei om ‘n lewenslange leser – en leerder – te word.

100% Guarantee