Gereelde vrae

AFLEWERINGSOPSIES

 

Aflewering van Boekklub-versendings

 

Die afleweringsmetode vir boekkklubversendings geskied via koerier. Jy behoort jou pakkie binne 7 dae van versending te ontvang. Verskaf asseblief ‘n fisiese adres waar iemand tydens kantoorure die pakkie in ontvangs kan neem.

 

Indien jy in ‘n buitegebied bly en probleme met koerieraflewering ervaar, sal jou pakkies met geregistreerde pos gestuur word en mag dit 14-28 dae neem om jou te bereik.



Aflewering van aanlyn-winkelbestellings

 

Produkte wat van die aanlyn-winkel bestel word, sal binne 10-15 dae per koerier afgelewer word. Verskaf asb. ’n fisiese adres waar iemand beskikbaar sal wees om jou pakkie gedurende kantoorure in ontvangs te neem. Aflewering buite metropolitaanse gebiede of buurstate kan langer neem.

 

Woon U buite Suid-Afrika?


Kontak ons asb. vir ’n kwotasie om in Namibië, Botswana, Swaziland of Lesotho af te lewer.

 

BETALINGSOPSIES

 

Betalingsopsies vir Boekklub-lidmaatskap


Betaling vir jou Boekklub-lidmaatskap is maklik met ’n outomatiese debietorder- of kredietkaartfasiliteit. Voltooi slegs jou besonderhede op die veilige bestelvorm en jou krediet- of debietkaart sal op die laaste werksdag van elke maand gehef word. Die outomatiese debietfasiliteit is gerieflik en verseker dat jou kind se boeke tydig elke vier weke afgelewer word!



Aangesien aanlyn-aansluiting bankbesonderhede vereis, skakel ons asb. om met ’n alternatiewe betalingsopsie aan te sluit.

 

Betalingsopsies vir aanlyn-winkelaankope


Betaling kan per kredietkaart op ’n veilige webtuiste gemaak word. Gebruik die begrotingsfasiliteit op jou kredietkaart vir gerieflike betalingsterme.


Jou kredietkaart sal met versending gehef word. Volgens ons 14-dag proefwaarborg sal die volle bedrag terugbetaal word as die produk teruggestuur word en binne 28 dae van datum van faktuur deur ons terugontvang word.

Indien jy ’n ander betalingsmetode verkies, skakel ons asb.

 

TERUGSTUUR- EN VERVANGINGSBELEID


Al ons produkte word op ’n 14-dag proefbasis gestuur. Vir ’n volle terugbetaling of indien jy nie met die aankope tevrede is nie, stuur die boeke binne 28 dae van die faktuurdatum aan ons terug.



Wat as ek glad nie my boeke ontvang het nie?


Indien ons nie jou pakkie kan opspoor nie en dit duidelik word dat dit verlore geraak het of gesteel is, sal ons die boeke onmiddellik vervang.



Hoe stuur ek ’n pakkie terug?


Sluit asb. ’n afskrif van jou faktuur of rekeningnommer in sodat ons die terugstuur van die pakkie op jou rekening kan verwerk. Dui asb. aan of jy ’n terugbetaling of ’n vervanging verlang.

 

Die adres waarheen pakkies teruggestuur moet word, is:
Disney Boekklub
Privaat sak 10
Centurion
0046



Die aanbevole opsies wanneer die boeke aan ons teruggestuur word is:

  1. Speed Services Couriers (Suid-Afrikaanse Posdiens) aangesien dit ’n versendingopsporing deur ’n 24-uur kliëntehulplyn bied.
  2. Gewone pos met die ‘volg- en opspoor’-opsie. Jou pakkie kan by www.sapo.co.za. nagespoor word.

 

Indien jy dit verkies om ’n vervoerder te gebruik wat nie ’n opsporingsfasiliteit bied nie en die goedere raak verlore, sal geen omruiling of terugbetaling oorweeg word nie.

Jy sal verantwoordelik wees vir die koste van terugversending vir terugbetaling of omruiling, behalwe in geval van goedere wat beskadig is of verkeerdelik voorsien is.

Wat moet ek doen as ek ’n beskadigde boek ontvang?


Indien jy ooit ’n beskadigde boek van ons ontvang wat nie in ’n perfekte toestand is nie, skakel ons asb. en stel ons in kennis. Ons sal ’n posgeldbetaalde etiket aan jou stuur om die beskadigde boek aan ons terug te stuur en spoedig die boek teen geen eksta koste vervang sodra ons dit ontvang.

 

KANSELLASIEBELEID


As ’n lid van die Disney Boekklub kan jy enige tyd kanselleer nadat jy so min as vier versendings van twee boeke elk ontvang het. Skakel ons eenvoudig en stel ons in kennis dat jy wil kanselleer. Geen vrae sal gevra word nie.


Soms bereik ’n kansellasieversoek ons nie betyds om te verhoed dat ’n addisionele versending aan jou gestuur word nie. Indien dit gebeur, kan jy vir die versending betaal en dit hou. Of, as jy dit so verkies, kan jy bg. terugversendingsinstruksies volg.

Skakel ons asb. indien jy enige addisionele vrae het.