Wat's waar in die Wêreld

Onderneem ’n unieke toer van planeet Aarde en ontdek wat waar in die wêreld gevind kan word.

"Wat’s waar in die wêreld" is ’n unieke visuele ensiklopedie wat jou wys wat waar in hierdie wêreld van ons gevind kan word. Met 75 volkleur-kaarte waarop jy dinge soos die wêreld se hoogste geboue, die langste riviere, die dodelikste aardbewings en nog baie meer op ’n wêreldkaart kan uitken!


Hierdie boek dek diverse onderwerpe wat oor ses hoofstukke strek: aardrykskunde, die natuur, mense, geskiedenis, kuns & vermaak en wetenskap en tegnologie. Wat’s waar in die wêreld is perfek vir skoolprojekte maar is ook ideaal om bloot jou nuuskierigheid te prikkel om meer te leer oor die wêreld waarin ons leef.


Al ooit gewonder waar is die beste plekke om vir skeepswrakke te duik? Jy hoef nie verder te soek nie: Die fantastiese kaarte in hierdie boek sal sorg dat jy nooit weer hoef te wonder wat waar in die wêreld is nie!


192 Bladsye

Afmeting: 252 x 301mm

Hardeband

ISBN: 9781415023907


R249,00
Payable via credit card
Gratis aflewering

By mandjie gevoeg