Hoekom-stories

Stories vol verbeelding om al die hoekoms van klein mensies te beantwoord.


Met luukse omslae en glansblaaie wat maklik skoonmaak, is hierdie splinternuwe eksklusiewe stel boeke perfek vir die ouderdomsgroep 0-5 jaar.


  • Hoekom hou honde nie van katte nie?

Lank, lank gelede, het honde en katte vreedsaam in die woud gewoon. Maar dit was voor Max, die oulike klein hondjie, besluit het om Marguirite, die babakatjie, 'n muis te leer vang...

  • Hoekom het olifante 'n slurp?

'n Baie nuuskierige babaolifant wou graag uitvind wat krokodille eet.

Hy vra toe al die diere wat hy langs die pad vind, totdat hy - sonder dat hy weet - dit vir die krokodil self vra...

 

  • Hoekom is kameelperde so groot?

Lank, lank gelede, het die kameelperd kort bene en 'n kort nek gehad. Op die grasvlaktes het al die diere vir hom gelag.

Totdat hy eendag al sy moed bymekaar geskraap het en vir Moeder Natuur gaan vra het om haar foute reg te maak.

 

  • Hoekom het diere sterte?

Toe die wêreld begin het, het die diere en die insekte in volmaakte harmonie geleef.

Maar op 'n dag ontdek muskiet hy kan byt, en hy kan ander diere se bloed uitsuig. Dit het die dierewêreld heeltemal omgekeer...

 

  • Hoekom het wolwe sulke groot tande?

'n Pragtige storie van liefde tussen 'n wolf en hoenders? Wat 'n snaakse idee!

Maar toe die wolwe nog nie tande gehad het nie, was dit 'n heel ander storie...

 

  • Hoekom het sebras strepe?

In die begin was alle sebras spierwit. En hulle is sneeuperde genoem. Onder hulle was Victoria, 'n klein sneeuperdjie wat op Zad verlief was. Maar hy het hom nooit eers aan haar gesteur nie...

• Bladsye wat maklik skoonvee
• 20-25 woorde per bladsy wat maklik leesbaar is
• Luukse boekhouer
• Opgestopte hardeband omslae


R649,99
Payable via credit card
Gratis aflewering

By mandjie gevoeg