Hoe die Boekklub werk

  1. Lidmaatskap is gratis en daar is geen aansluitingsfooie nie. Toets die boekklub en ontvang jou verwelkomingspakkie met die gratis geskenke soos geadverteer. Ingesluit in die eerste besending, sal jou twee boeke wees wat jy vir ‘n periode van 14 dae kan besigtig.
  2. As jy nie tevrede is met die boeke nie, kan jy dit eenvoudig binne 14 dae, op eie onkoste, en sonder enige verdere verpligtinge terugstuur. Jy kan die GRATIS geskenke gerus hou.
  3. Sou jy besluit om die twee boeke te hou, sal jou kind ‘n Uitblinkers Boekklublid word en elke vier weke twee boeke ontvang.
  4. As deel van jou lidmaatskap, kwalifiseer jy ook vir ‘n eksklusiewe Jaarboek en/of kalender waarvoor jy 14 dae tyd het om dit deur te blaai en daaroor te besluit.
Verwys asseblief na die Lidmaatskapooreenkoms op die bestelvorm vir verdere besonderhede.

Vyf voordele van die Uitblinker Boekklub

Die Uitblinkers Boekklub help jou om:


  1. Opgewonde oor boeke te raak!

    Dis maklik om ‘n kind aan boeke met hulle gunstelingstories bekend te stel. Die opgewondenheid om elke paar weke ‘n spesiale pakkie in die pos te kry, help om ‘n waardevolle liefde vir lees en waardering vir boeke te kweek.
  2. Bemoedig samesyn met beginlesers

    Ons boeke is ideaal om vir slaaptyd, of saam op ‘n koue, reënerige dag opgekrul te lê en lees. Mettertyd sal jou kind lees met hierdie lekker ondervindings begin assosieer en so word die band tussen ouer, kind en boek gevorm.
  3. Bou jou kleuter se woordeskat en stimuleer die verbeelding

    Om saam met jou kleuter te lees, ondersteun dit die ontwikkeling van taalvaardighede. Dit stel hulle ook bekend aan die nuwe konsepte en idees wat hulle moontlik nog nie in die wêreld ondervind het nie.
  4. Ondersteun beginlesers om self te lees

    Kort sinne en versigtig gekose woordeskat sal beginlesers aanmoedig om op hulle eie te lees. Herhaling van hulle gunstelingtitels help kinders om algemene woorde maklik te herken wanneer hulle op hul eie lees.
  5. Skep geleidelik ‘n biblioteek vol boeke!

    ‘n Groot verskeidenheid boeke sal jou kind vir langer periodes in boeke laat belang stel. Die Uitblinkers Boekklub is ‘n koste effektiewe manier om al die klassieke stories en nuwe flieks wat vrygestel word, bymekaar te maak.