building tomorrows stars

Gereelde vrae

AFLEWERINGSOPSIES

 

Aflewering van BOEKKLUB-versendings

 

Die afleweringsmetode vir BOEKKLUBversendings geskied via koerier in hoofgebiede. Verskaf asseblief ‘n fisiese adres waar iemand tydens kantoorure die pakkie in ontvangs kan neem.

Indien jy in ‘n buitegebied bly en probleme met koerieraflewering ervaar, sal jou pakkies met geregistreerde pos gestuur word.

Laat 28 dae toe vir die aflewering van jou pakkie.

 

BETALINGSOPSIES

 

Betalingsopsies vir BOEKKLUB-lidmaatskap


Betaling vir jou BOEKKLUB-lidmaatskap is maklik met ’n outomatiese voorafbetaalde debietorder- of kredietkaart betaling. Voltooi slegs jou besonderhede op die veilige bestelvorm. Die outomatiese debietfasiliteit is gerieflik en verseker dat jou kind se boeke tydig elke vier weke afgelewer word!

 

TERUGSTUUR- EN VERVANGINGSBELEID


Vir ’n volle terugbetaling of indien jy nie met die aankope tevrede is nie, stuur die pakkie binne 14 dae van ontvangs aan ons terug.



Wat as ek glad nie my boeke ontvang het nie?


Indien ons nie jou pakkie kan opspoor nie en dit duidelik word dat dit verlore geraak het of gesteel is, sal ons die pakkie onmiddellik vervang.



Hoe stuur ek ’n pakkie terug?


Sluit asb. ’n afskrif van jou faktuur of rekeningnommer in sodat ons die terugstuur van die pakkie op jou rekening kan verwerk. Dui asb. aan of jy ’n terugbetaling of ’n vervanging verlang.

 

Die adres waarheen pakkies teruggestuur moet word, is:

Uitblinkers BOEKKLUB
Privaat sak 10
Centurion
0046



Die aanbevole opsies wanneer die boeke aan ons teruggestuur word is:

  1. Speed Services Couriers (Suid-Afrikaanse Posdiens) aangesien dit ’n versendingopsporing deur ’n 24-uur kliëntehulplyn bied.
  2. Gewone pos met die ‘volg- en opspoor’-opsie. Jou pakkie kan by www.sapo.co.za. nagespoor word.

 

Indien jy dit verkies om ’n vervoerder te gebruik wat nie ’n opsporingsfasiliteit bied nie en die goedere raak verlore, sal geen omruiling of terugbetaling oorweeg word nie.

Jy sal verantwoordelik wees vir die koste van terugversending vir terugbetaling of omruiling, behalwe in geval van goedere wat beskadig is of verkeerdelik voorsien is.

Wat moet ek doen as ek ’n beskadigde boek ontvang?


Indien jy ooit ’n beskadigde boek van ons ontvang wat nie in ’n perfekte toestand is nie, skakel ons asb. en stel ons in kennis. Ons sal ’n posgeldbetaalde etiket aan jou stuur om die beskadigde boek aan ons terug te stuur en spoedig die boek teen geen eksta koste vervang sodra ons dit ontvang.

 

KANSELLASIEBELEID


Skakel ons eenvoudig en stel ons in kennis dat jy wil kanselleer.


Soms bereik ’n kansellasieversoek ons nie betyds om te verhoed dat ’n addisionele versending aan jou gestuur word nie. Indien dit gebeur, kan jy dit hou, of as jy dit so verkies, kan jy bg. terugversendingsinstruksies volg.

Skakel ons asb. indien jy enige addisionele vrae het.