Onderrig-mylpale 0-2

Artikel deur: Usborne Parent Guide Help your child read and write - Usborne Publishing

Taalontwikkeling: Babas kommunikeer deur te glimlag, te wys en te koer, en op ongeveer agt maande hulle eerste praatgeluidjies te brabbel, soos “babababa.” Gewoonlik sê hulle die eerste betekenisvolle woorde op om en by 10 tot 14 maande. Teen 18 maande kan hulle al soveel as 50 woorde gebruik en sal wys as jy ’n eenvoudige “waar?”-vragie vra. Van 18 tot 24 maande begin hulle tweewoord-frases sê, soos “mamma skoene.”

Voor-leesvaardighede: Babas sal na jou stem luister as jy kleuterliedjies sing en hulle geniet dit om met boeke te speel, dit te ontdek en te deel. Kleuters hou daarvan om hul gunstelingboekies oor en oor te hoor, en blaai graag die bladsye om. Hulle kan al saam hande klap en sing eenvoudige aksierympies saam.

Voor-leesvaardighede: Babas reik teen ses maande na speelgoed en versit dit van een hand na die ander. Teen 12 maande kan hulle krummels tussen die duim en voorvinger optel, en hou daarvan om vingerpatrone te maak in kos wat gemors het. Van 18 maande af, kan kleuters groot kryte in enige hand vashou en heen en weer krap, en later baie kolletjies byvoeg.

You must be logged in to comment on articles.