Die beloning van lees

Artikel deur: Corli Jooste - Marketing Manager

Die vrugte van sukses in die klaskamer word tuis gekweek. Om kinders aan te moedig om te lees is een van die kragtigste maniere waarop ouers kinders se onderrig kan ondersteun. Slegs 15 minute se leeswerk tuis per dag kan ’n verskil in leerders se vlotheid teweegbring. Prioritiseer leeswerk met hierdie wenke:

Hou altyd boeke byderhand. Hou ’n boek in jou sak of in jou motor sodat jou kind in die motor kan lees, of terwyl jy in die kruidenierswarewinkel in ’n ry staan. Besoek gereeld die biblioteek en sluit aan by ’n boekklub vir kinders. Boeke is 'n wonderlike verjaarsdaggeskenk en kan handig tydens vakansies te pas kom.


Hou daarmee vol. Vind maniere om jou kind aan te moedig om nuwe leesstof te beproef sodra hy/sy met die een boek klaar is. Byvoorbeeld, stel hom bekend aan ’n reeks deur dieselfde outeur of uitgewer of sluit by ’n boekklub aan. Stel ’n “boeke om te lees”-lysie op wat jou kind kan afmerk.


Fokus op hul belange. Moedig  jou kind aan om boeke te vind met karakters of onderwerpe waarin hy/sy belangstel. Of dit nou die nuutste Disney-storie is, of verstommende dierefeite, dit maak nie saak nie, solank jou kind lees.


Lees hardop saam. Skeduleer tyd om hardop saam te lees, en maak beurte om paragrawe te lees. Nooi jou hele gesin om deel te neem. Gebruik verskillende stemtone vir verskillende karakters, of nooi jou kind om byklanke vir die storie te maak.


Maak dit ’n roetine. Dink hoe jy lees in ’n gewoonte kan omskep. Jou gesin kan weekliks hardop leessessies hê, of jy en jou kind kan elke aand voor slapenstyd saam lees.


Wees ’n geduldige luisteraar. Maak nie saak hoe stadig jou jong leser lees nie, moenie sinne vir hom/haar voltooi nie. Korrigeer foute sagkens, klank woorde saam, en laat jou kind weet jy is trots. Vermy steuringe. Skakel elektroniese toestelle gedurende leestyd af of bêre dit weg. Maak seker jy hou self by die reëls.


Vra vrae. Vra jou kind uit oor wat hy/sy in die skool lees, of oor dit wat julle saam lees. Beproef oop vrae soos: “Waarom dink jy het die karakter dit gedoen?”, of “Wat sou jy in daardie situasie gedoen het?”, of “Wat dink jy gaan volgende gebeur?”

Hierdie wenke behoort jou te help om lees deel van julle daaglikse roetine te maak. En dink selfs aan ander kreatiewe maniere om lees 'n prettige aktiwiteit in jou huis te maak. Kyk gerus ook na ons "Help jou kind lees en skryf" vir meer inligting.

You must be logged in to comment on articles.