Privaatheidsbeleid

Die volgende beleid is van toepassing op www.jacklin.co.za, www.starachievers.co.za, www.uitblinkers.co.za , en enige ander webwerf wat besit en/of bedryf word deur of namens Jacklin Enterprises, of enige van sy filiale, wat aandui dat hierdie Privaatheidsbeleid en/of skakels na hierdie Privaatheidsbeleid dit beheer.
Jacklin Enterprises verbind hom daaraan om die privaatheid en sekuriteit van sy aanlynbesoekers te beskerm. Hierdie beleidsverklaring bied aan ons besoekers 'n oorsig van die maatreëls wat ons geneem het om 'n veilige omgewing aan almal te voorsien.

PERSOONLIK IDENTIFISEERBARE INLIGTING

Ons neem onder andere die volgende as persoonlik identifiseerbare inligting in ag: voornaam en van, e-posadres, ID-nommer, straatadres en telefoonnommer.
Ons kan sulke identifiseerbare inligting van ons besoekers versoek om bestellings vir produkte of dienste te prosesseer en uit te voer, asook in verband met kompetisies, opnames, inskrywingsregistrasies en besoekers se versoeke om inligting. Hierdie inligting word op ons databasis gestoor en mag gebruik word om besoekers te kontak in verband met hulle rekeninge, of om ander produkte bekend te stel wat ons glo van belang vir hulle kan wees.
 
Indien jy nie 'n uitstaande balans op jou rekening het nie, kan jy enige tyd versoek dat jou besonderhede van ons databasis verwyder word, deur eenvoudig aan ons te skryf by: service@jacklin.co.za.
 
DERDE PARTY GEBRUIK VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Ons maak soms persoonlike inligting bekend aan ander maatskappye as hulle produkte aanbied wat moontlik van belang vir jou kan wees. Jy het die opsie om op die bestelvorm te versoek dat geen maatskappy met wie ons saamwerk jou mag kontak nie. Alternatiewelik kan jy ook aan ons skryf by: Jacklin Enterprises, Privaatheidsbeheer, Privaatsak 10, Centurion, 2121 of stuur 'n e-pos na: service@jacklin.co.za.

SEKURITEIT

Jacklin Enterprises waarborg dat alle persoonlike en nie-persoonlike identifiseerbare inligting wat hulle via die Internet ontvang, veilig teen ongemagtigde toegang is. Hierdie inligting word in 'n veilige stelsel bewaar, geïssoleerd van direkte verbinding met die Internet. Ons mag persoonlike inligting verskaf soos deur die wet vereis, byvoorbeeld om aan 'n hofbevel of dagvaardiging te voldoen, of om kriminele ondersoeke by te staan. Ons mag ook persoonlike inligting uitgee wanneer ons dit raadsaam vind ten einde die veiligheid en sekuriteit van ons webwerwe en besoekers aan ons webwerwe te beskerm.
 
HOEKOM IS ONS SO VEILIG?

Jacklin Enterprises gebruik veilige sagteware oor 'n Secure Socket Layer (SSL)-lyn om jou kredietkaartinligting te beskerm. Dit enkripteer al jou persoonlike en kredietkaartinligting sodat hierdie inligting nie gelees kan word wanneer dit na ons bestellingstelsel gaan nie. En sodra dit ontvang word, word dit gestoor in 'n plek wat nie deur die Internet toeganklik is nie.

SKAKELS NA ANDER WEBWERWE

Besoekers sal vind dat skakels vanaf hierdie webwerf, Internet-webwerwe is wat onafhanklik besit, beheer en/of bedryf word, en waarvan ons gevind het die inhoud van moontlike belang vir ons besoekers is. In sommige gevalle verteenwoordig die skakels koöperatiewe projekte of wedersydse skakels wat gestig is saam met die organisasies wat met hierdie skakels verbind is. Terwyl ons aanvanklik hierdie webwerwe besoek waarna ons direk skakel, neem asseblief kennis dat ons nie die inhoud monitor of beheer wat op hierdie webwerwe verskyn nie, en dis moontlik dat die inhoud daarvan voortdurend kan verander. Ons beveel aan dat kinders toestemming by hul ouers of onderwysers kry voordat hulle enige van hierdie nuwe webwerwe besoek. En ons moedig alle eindgebruikers aan om die privaatheidsbeleide van al hierdie webwerwe te lees voordat hulle dit gebruik.

MAATSKAPPYINLIGTING

Jacklin Enterprises (Pty) Ltd (REG. NR. 9709122/07) besit hierdie webwerf. Die fisieke adres vir ontvangs van regsdienste van die webwerf-eienaar is 21 Mifa Park, George straat 399, Midrand, 1684.

-          Lidmaatskap aan selfregulerende of akkreditasieliggame: Direkte Bemarkingsvereniging van Suid Afrika, http://www.dma.org.za.
-          Gedragskode waaraan hierdie webwerf onderskryf: http://www.dma.org.za/reg/dma_code.htm
-          Direkteure: G.C. JACKLIN, M.A.C. JACKLIN, A.C. MAGNI, E.CICCONE

Kontak die maatskappy per telefoon by: (011) 265-4200 en deur e-pos by: service@jacklin.co.za. Enige vrae oor ons privaatheidsbeleid of praktyke, of indien inligting op lêer gewysig, opgedateer of geverifieer moet word, of as jy ons in kennis wil stel dat jy jou inligting vanaf ons lêers wil laat verwyder, kontak ons asseblief by bogenoemde adres.
Die effektiewe datum van hierdie Privaatheidsbeleid is April 2011, en is slegs van toepassing op ons aanlynpraktyke. Let asseblief daarop dat ons die bogenoemde beleid mag hersien sonder om gebruikers in te lig dat die inhoud op ons webwerf verander.