Wie is ons

www.uitblinkers.co.za is ’n afdeling van Jacklin Enterprises, ’n uitgewer en verspreidingsmaatskappy sedert 1997.

www.uitblinkers.co.za beoog om ouers met raad en daad by te staan om van kleins af ’n liefde vir lees by hul kinders aan te wakker. Ons bied ook gehalte-kinderboeke in beide Afrikaans en Engels wat lees pret, bekostigbaar en gerieflik vir Suid-Afrikaanse gesinne maak.

 

Ons glo vas dat:

  • Die beste manier om ’n liefde vir lees by jou kind aan te moedig is om van kleins af vir jou kind te lees. Dit is nooit te vroeg om vir jou baba te begin lees nie!
  • Die sleutel tot jou kind se leessukses lê daarin om self ’n passie vir lees te toon.
  • Deur vir jou kind te lees versterk jy die wesenlike band tussen julle.
  • Boeke en lees vorm die basis vir leerervaringe vorentoe.

 

Ons produkte soos die Disney Boekklub, die leesprogramme en ander
opvoedkundige boeke help jou kind met spraak- en geletterdheidsmylpale
wat so belangrik in vroeë kinderontwikkeling en vorentoe is.

 

Ons hoop ons idees, kennerraad en ander ouers se insig, sal jou begeester om vir jou kind voor te lees en storietyd deel van jou alledaagse roetine te maak.


Om die jongste nuus en inligting oor nuwe produkte te kry, teken in op ons nuusbrief of volg ons op Facebook.